Polisieminister kom Kimberley besoek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, sal Sondag 22 Desember in Kimberley wees. Hy help die polisie in Kimberley met misdaadvoorkomingsoperasies in en om die stad.

Brig. Mohale Ramatseba sê hierdie besoek vorm deel van die pogings van die polisie om die gety van misdaad hierdie feestyd te keer – Zizojika Izinto.

Saam met die topbestuur van polisie sal Cele met gemeenskapsverbintenisse begin deur openbare ruimtes te besoek, polisiebedrywighede en multidissiplinêre padblokkes te inspekteer om die veiligheidsplanne in plek te stel om inwoners en vakansiegangers in die Noord-Kaap gedurende die vakansietyd veilig te laat voel.

Foto: thecitizen