KIMBERLEY- Twee vroue van 38 en 41 jaar oud is vandag omstreeks 12:00 in die Diamond Pavillion-winkelsentrum in Kimberley in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba sê ’n polisiebeampte is deur ’n veiligheidsbeampte ingelig oor ’n groep van ses vrouens en twee mans wat besig is met winkeldiefstal.
Konst. Mabusweni en konst. Leshage het onmiddellik gereageer op die inligting wat ontvang is, aangesien hulle reeds in daardie omgewing was.
“Verdagtes is na hul voertuig gevolg, ’n wit Toyota Etios, waar klere ter waarde van R56 000 gekonfiskeer is,” vertel Ramatseba.
Ses verdagtes, vier vroue en twee mans, is steeds soek.



