Daar is niks so lekker soos tuisgemaakte roomys nie. Hier is die perfekte resep vir smullekker Peppermint Crisp-roomys.
Bestanddele:
- 1l vars room
- 1 blik kondensmelk
- 1 pakkie Toppers Choc Mint-koekies (gerasper)
- 2 groot Peppermint Crisp-sjokolades (gerasper)
Metode:
- Klits die kondensmelk in ’n klein bakkie met ’n elektriese klitser vir ’n paar sekondes.
- Klits die room in ’n aparte bak tot styf.
- Vou die kondensmelk versigtig by die room in.
- Laat die mengsel bietjie verkoel in die vrieskas terwyl jy die ander bestanddele rasper.
- Meng ¾ van die gerasperde bestanddele by die room-en-kondensmelkmengsel.
- Gooi alles oor in ’n 2l-roomysbak.
- Strooi laaste van die gerasperde bestanddele oor die roommengsel.
- Plaas in die vrieskas vir minstens vyf ure.
- Geniet!



