KIMBERLEY – ’n Jong Kaapse kobra is Sondag 15 Desember by Yonder Estate gevang. Die kobra is veilig gevang en weer vrygelaat, soos voorgeskryf deur Natuurbewaring.
Gawie de Wit het die slang gevang.
FiND iT het met Dawie Griesel, slangkenner, gesels en hy het bevestig dat ’n inwoner van die gebied hulle gekontak het om ’n slang te kom verwyder. “Die inwoner se honde het die slang gejaag tot onder ’n krat in. Hy het ’n ogie op die slang gehou totdat ons op die toneel opgedaag het. Die slang is veilig gevang en weer vrygelaat.”





