Baie Suid-Afrikaners is tans besig om regoor die land te reis op pad na hul vakansiebestemmings. Vir sommige is dit ’n vinnige rit van twee ure en ander is veel langer op die pad.
Enige motoris kan, ongeag hoe lank sy reis is, ’n dier op pad tref.
Doen die volgende:
- Stop so vinnig as wat dit moontlik en veilig is.
- Voordat jy uit die motor klim, moet jy seker maak dat jy, jou passasiers en enige ander motoriste veilig is.
- As die dier nog lewe, Google die nommer vir die plaaslike Nasionale Raad van DBV’s. Hulle sal jou moontlik nie direk kan help nie, maar hulle kan jou die nommers van ‘n veearts in die omgewing wat op roep is en jou kan help, gee.
- Bel die naaste veearts.
- Moenie aan die dier vat nie.
- As die dier reeds dood is, bel die plaaslike munisipaliteit om die dier te kom verwyder.
- Bel jou versekering om die voorval aan te meld .



