KIMBERLEY – Die gate in die pad by die vierrigting stop in Synagoquestraat, Memorialweg area, is vol water en maak dit gevaarlik vir bestuurders. Die gate is dieper as wat hulle voorkom en maak dit onmoontlik om daar te ry.
Inwoners van die gebied sê die probleem duur al lank voort en is die probleem al menige male gerapporteer.
“Die probleem is egter dat meeste motoriste nie besef hoe diep die gate is nie en dan met ’n spoed daar deurjaag. Iemand se kar gaan nog lelik beskadig word,” het ’n inwoner aan FiND iT vertel.
FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen en wag vir terugvoer. Ons hou julle op hoogte.




