Onbekende mans wat omstreeks 14:00 gistermiddag tuinvullis in die veld in Rhodeslaan gestort het, het dit gaan optel.
William Dickson, ’n inwoner van die stad, het gistermiddag die onbekende mans opgespoor en gevra hulle moet die vullis gaan optel. Die mans het teruggegaan en hulle tuinvullis opgetel.
“Toe hierdie foto op die Whatsapp-groep verskyn, het ek baie geluk gehad en het die voertuigregistrasienommer en die persoon in die foto herken. Ek en die man is beide in die boubedryf. Ek het toe besluit om hom te kontak en vir hom vertel wat hy gedoen het, baie verkeerd is en het hom gevra om terug te gaan en dit op te tel, omdat hy ’n groot boete kan kry. Hy my verskoning gevra en dit gaan optel. Hy het tot by my huis om gery huis toe om weer verskoning te vra en te wys dat hy dit opgetel het. Ek het dit gedoen omdat ek voel dat daar vir hom gesê moes word dat wat gedoen word baie verkeerd was. Dit gebeur om elke hoek en die owerhede moet hierdie oortreders beboet.”
Inwoners van Rhodesdene is ontsteld oor die veld in Rhodeslaan wat in ’n stortingsterrein verander.





