’n Lamppaal het op die hoek van Greatbatch- en St. Augustinestraat omgeval. Die lamppaal het in die straat gelê, maar is deur ’n besorgde inwoner uit die pad probeer skuif.
Wees asseblief versigtig indien jy daar moet ry.
FiND iT het navrae by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer. Ons hou julle op hoogte.



