September 16, 2021

Verkeerslig tydelik reg tot beurtkrag tref

KIMBERLEY – Die robot op die hoek van Memorial- en Mac Dougallstraat by die Caltex-vulstasie is tydelik herstel.

Volgens Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, maak die verkeerslig gebruik van ’n ou motoriese meganisme wat na beurtkrag of ’n kragonderbeking per hand reggestel moet word. 

Indien Fase-2 beurtkrag voortduur, gaan die robot omstreeks 16:00 vanmiddag weer buite werking wees.  Sien die status van beurtkrag op find-it.co.za/beurtkrag

Motoriste kan van alternatiewe roetes deur Gerrit Schouten-, Kekewichlaan of deur South Ridge by Landbouweg ry om die probleemrobot te vermy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *