Die polisie op Keimoes het ’n man in hegtenis geneem in verband met die grumoord op ’n onbekende vrou.
Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, se: “Die opgekapte lyk van die vrou is in die toilet van die verdagte se tuin gevind. Die omstandighede rondom die moord word ondersoek en ‘n nadoodse ondersoek sal meer lig werp oor of die slagoffer seksueel aangerand is.”
Enigiemand met inligting oor die identiteit van die slagoffer word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, Jerry Mouers, by 082 260 0548 of 082 495 4848 of die stasiebevelvoerder van Keimoes, lt.-kol. Barney Visagie, by 082 301 9943 te kontak.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Die polisie-ondersoek duur voort,



