Inwoners neem gereg in eie hande

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Video van ’n bejaarde dame wat in die middestad beroof is, doen die rondte op Facebook.

Inwoners van die stad is keelvol vir misdaad en het besluit om die gereg in eie hande te neem.

Die bejaarde dame is na bewering by ’n OTM in die middestad deur ’n vrou wat in ‘n motor met ‘n GP-registrasienommer gery het, beroof.

Die video op Facebook het reeds menige kommentaar van ontstoke inwoners ontvang.

Paula Pinto het op Facebook gesê mense moet betrokke raak en mekaar help.

Sandi Holmes Hattingh het op Facebook gesê mense moet terug baklei en die wiel laat draai op kriminele-aktiwiteite.

Ruth James het op Facebook gesê die gemeenskap het goeie werk gedoen deur saam te staan.

Nog ’n inwoner, Kekae Refilwe, voel Kimberley is ten spyte van uitdagings steeds herenig.

FiND iT het navrae by die polisie ingesit.

Kyk die video hier: