Inwoners moedeloos met rioolprobleem

Deel hierdie storie / Share this story

Die inwoners van Petrusstraat, Hillcrest, is moedeloos met die riool wat bykans elke dag in dié straat af loop. Die onlangse reën vererger die situasie en die pad waar die riool lek, is bykans onbruikbaar.

FiND iT het al verskeie kere oor die probleem  berig en ontvang daagliks klagtes van inwoners af.

Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het in ’n vorige berig op navrae deur FiND iT gesê die kapasiteit van die rioolpompstasie is te klein vir die aantal mense in die woonbuurt, insluitend die hospitaal. Die munisipaliteit beplan om R30 miljoen te spandeer om dié stasie op te gradeer. Dit is ongelukkig ’n projek waarvoor geld nog bekom moet word. Daar is tot in die huidige stadium nog niks aan die problem gedoen nie en FiND iT kry geen verdere terugvoer van die munisipaliteit af nie.