Help SA-boer miljoen spekbome plant

Deel hierdie storie / Share this story

CALITZDORP – Carel Nel, ’n boer van Boplaas Family Vineyards in die Klein Karoo, wil teen 2025 meer as ’n miljoen spekbome geplant hê om klimaatsverandering te help keer.

Nel het twintig jaar gelede besluit om grond te koop om die natuur te bewaar. Hy sê die spekboom is ‘n wonderplant en is een van die effektiefste om koolstofdioksied uit die lug te verbind.

“Ons het besluit om ’n miljoen spekbome orals in die gebied te plant. So doen ons ’n klein deel vir natuurbewaring en ons planeet as geheel.”

Verwyder 5000 ton koolstofdioksied per jaar

Ongeveer 2000 ha van dié plaas word vir bewaring benut. Indien die grond reg benut en genoeg spekbome geplant is, kan dit tot soveel as 5000 ton koolstofdioksied per jaar uit die atmosfeer verwyder, verduidelik Nel.

Hy vra elkeen om te help deur ’n spekboom in hulle tuin te plant. Hy moedig  ontwikkelaars aan om spekbome in hulle projekte te gebruik.

Klante ontvang met elke aanlyn-bestelling by Boplaas ’n gratis spekboom-steggie.