KIMBERLEY – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het rooi vir vandag op die brandgevaarindeks in die Noord-Kaap aangedui.
Riaan Janse van Vuuren van die Kimberley-brandweer sê hoë temperature en sterk winde word vandag hier verwag. Die publiek word teen die maak van oop vure gemaan .
’n Temperatuur van 38°C word hier verwag. Winde van 27.78 km/h word tans aangedui.



