Hoërskool Noord-Kaap het vir die tweede agtereenvolgende jaar deelgeneem aan die Frances Baard besigheidsplan-kompetisie.
Die leerders moes ‘n besigheidsplan opstel vir die landboubedryf. Die geskrewe taak is in Mei 2019 ingehandig en moes aanebied word voor ’n paneel beoordeelaars in Septebmer. Hulle het punte behaal vir beide en die wenner was aangekondig by ’n prestige aand op November 2019.
HNK is aangekondig as die algehele wenner vir die besigheidsplan-afdeling. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat HNK hierdie toekenning ontvang.

Van links na regs: Kaone Manyetsa, Keorapetse Thekiso, Annika Grobbelaar, Lauren van Heerden, Taahira Kruger, Mrs. G. Samuels (Business Studies Teacher), Thabo Pitso, Charlyn Hollenbach, Thuto Moitsemang and Mankini Moroke. Shanice Setseke was absent.



