KIMBERLEY – ’n Gedeelte van Studystraat in Fabricia in Kimberley het byna onbegaanbaar vir motors geword.
Verskeie slaggate tussen die aansluitings met Oliver- en Fabriciastraat maak dit moeilik vir voertuie om van die pad gebruik te maak. Die probleem vererger wanneer dit reën en motoriste nie die slaggate kan sien nie.
FiND iT het vanoggend gesien hoe ’n bakkie moet uitswaai om die gate te vermy.
Navraag is by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar FiND iT het nie betyds terugvoer ontvang nie.


















