GEEL: Brand ontstaan by duiweklub

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Brand het vanoggend by die Diamantveld-posduiweklub in Beaconsfield uitgebreek.

’n Gedeelte van die gebou het aan die brand geslaan nadat ’n veldbrand tot by die gebou versprei het. Die Kimberley-brandweer is ontbied.

Hannes van Schalkwyk, bestuurder van HP Darts, sê hulle vermoed ’n brandstigter het die brand begin. ’n Span was met herstelwerk besig toe FiND iT die klub besoek het.

In ’n nabygeleë oop erf in die besigheidsgebied het FiND iT hope rommel opgemerk wat plek-plek aan die brand gesteek was.

Lede van die publiek word gemaan om nie tuinvullis of rommel aan die brand te steek nie. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het geel vir vandag op die brandgevaarindeks aangedui. Geen oop vure word toegelaat nie.