“Almal okei” sê Hohne na helikopter-noodlanding

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY –  “Ons is almal okei,” sê Peter Hohne vanoggend na hy en vier kollegas gister ’n noodlanding oorleef het toe hulle helikopter neergestort het. 

Volgens ’n persverklaring deur die gesin se woordvoerder bevestig die hospitaal se segspersoon dat Hohne en sy drie passasiers in ’n stabiele toestand is, en word hulle beserings behandel.

“Ek is baie verlig en dankbaar dat elkeen van ons goed doen. Dankie aan elkeen wat ons, my familie, vriende en kollegas wat na die noodlanding gehelp het.”