KIMBERLEY. – Victor Tshepo Maputle (27) is in die Galeshewe-streekhof op aanklagte van verkragting en huisbraak skuldig bevind.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde het op 29 Augustus 2019 die deur van die vroulike slagoffer (29) se huis oopgebreek, haar verkrag en van die toneel gevlug.
“Maputle is dieselfde dag omstreeks 14:15 in hegtenis geneem en het op 30 Augustus 2017 sy eerste verskyning in die hof gemaak.
“Hy is op albei aanklagte skuldig bevind en is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.”



