Kimberley span saam om brand te blus

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Talle inwoners het gisteraand hier saamgetrek om ’n brand, wat vinnig buite beheer geraak het, te blus.

Hendrik Coetzee, van H & H Couriers, sê daar was ongelooflik baie mense wat bereid was om te help.

Baie dankie aan die volgende besighede:

  • Pick ’n Pay, Rhodesdene
  • GoZone
  • VEA Road Maintenance and Civils
  • Pieta Serfontein/Hancor
  • KEM JV-brandbestryders
  • H & H Couriers

“Baie dankie ook aan die publiek vir al hulle bydraes. Hierdie brand het groot skade aangerig en hektaars is vernietig,” sê Coetzee.