Vyf in hof vir veediefstal

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – Vyf verdagtes is hier in hegtenis geneem wat verband hou met veediefstalgevalle wat in die Kenhardt-omgewing aangemeld is.

Die Operation Shrink-bedryf wat deur misdaadintelligensie gedryf word, is gestig toe die veediefstaleenheid groot hoeveelhede sake in hierdie gebied gerapporteer het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê hulle het 13 skape ter waarde van R26 000 ,wat in Februarie en Maart 2019 gesteel is, teruggekry. “Die polisielede het die skape aan die wettige eienaar oorhandig.”

“Die vyf mans, wat tussen die ouderdom van 25 en 42 jaar oud is, het reeds in die Kenhard-landdroshof verskyn. Hulle gaan op 4 Desember 2019 weer verskyn vir ’n formele borgtogaansoek.

“Die verdagtes bly in aanhouding tot hulle volgende hofdatum.”