Vrou geskiet toe sy deur venster kyk

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Vrou van Potgietersrus is gisteroggend geskiet, ná sy haar honde hoor blaf het en deur die venster kyk.

Luidens Netwerk24 se berig, is Magda Lombaard, ’n ma van twee, in die vroeë oggendure geskiet deur rowers, toe sy deur die venster kyk. Haar honde het geblaf.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, sê die aanvallers het ná die aanval gevlug en is deur die polisie agtervolg tot in die nedersetting Motetema, waar hulle die voertuig, wat ná die aanval gekaap is, gevind.

“Die voortvlugtendes is nog steeds op vrye voet.”

Lombaard is volgens Maritz ernstig gewond en in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Johannesburg,” word berig.