Man pleeg glo selfdood op myn

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Man het na bewering vanoggend hier op die perseel van ’n myn selfdood gepleeg.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak word ondersoek nadat die liggaam van ’n man gevind is.

Die omstandighede van sy dood word nog ondersoek, sluit Ramatseba af.