Bloed gesondheidsrisiko vir inwoners

Deel hierdie storie / Share this story

Nie vir sensitiewe lesers nie.

UPINGTON – Bloed en dele van diere se ingewande het na bewering by inwoners van 7de Laan, Progress, se baddens, toilette en erwe uitgeloop. Die situasie het na bewering Vrydagoggend 22 November begin.

Esau Montzinger, ’n inwoner van die gebied en verteenwoordiger van The Outcry of the body of Christ, het aan FiND iT gesê hy het Vrydag die Dawid Kruiper-munisipalitiet en die departement van gesondheid in kennis gestel.

Die munisipaliteit het die dreine oopgemaak en rooigrond in die area afgelaai sodat die inwoners die bloed met die rooigrond kan bedek.

Volgens inwoners word die bloed en ingewande na bewering deur die nabygeleë abattoir in die dreine gestort.

FiND iT het die abattoir gekontak en met die eienaar gepraat. Hy het FiND iT verseker die afval word nie in dreine gestort nie en dat dit deur waens weggery word. Hy het ook bevestig enige abattoir het ‘n sekere protokol wat gevolg moet word. Hy kan egter nie verder kommentaar lewer nie, aangesien hy eers die voorval moet ondersoek. FiND iT het die nodige inligting aan hom verskaf en wag vir terugvoer.