TURFFONTEIN – Muzi Yeni, ’n bekende kampioenjokkie van die Noord-Kaap, is laat Saterdagaand uit die hospitaal ontslaan nadat hy die middag op Turffontein beseer is.
Volgens sportingpost gaan die Winning Form-geborgde jokkie na verwagting ‘n spesialis besoek en sal nie vandag ry nie.
Daar is kommer dat ou beserings aan sy rug en skouer weer opgevlam het.
Muzi het sy aanhangers vir al die besorgdheid en wense bedank.
Hy is gekeur om Saterdag Mike de Kock se perd Atyaab in die Gr1 Summer Cup te ry.
Muzi begin die volgende dag met sy 90 dae skorsing en word in die eerste week van Maart 2020 terugverwag.



