KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit ervaar tans stelselfoute met betrekking tot kliënte wat reëlings vir hulle agterstallige rekeninge getref het.
Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê hulle is in kontak met hulle diensverskaffers om die probleem op te los. “Indien jy nie voorafbetaalde elektrisiteit (koopkrag) kan koop nie, moet jy die munisipaliteit kontak.”
Hy sê die munisipaliteit is vandag oop terwyl die tegniese aangeleenthede opgelos word.
“Ons betreur die ongerief,” sê Matsie.



