KWAZULU-NATAL . – Hierdie provinsie is deur nóg ’n tornado geruk.
“Die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan bevestig dat ’n tornado gisteraand in die Utrecht-omgewing in KwaZulu-Natal gewoed het,” het die Suid-Afrikaanse Weerdiens op hulle Twitter-blad bevestig.
Utrecht is geleë tussen Newcastle en Dundee.
Volgens Netwerk24 is hierdie die derde tornado wat hierdie provinsie in die twee laaste weke tref.
“Die tornado het groot dele van die Waterval-korrektiewe dienste beskadig, insluitend 20 huise wat deur werkers gebruik word,” word berig.







