DOUGLAS. – ’n Wit Isuzu-bakkie is Donderdagaand hier gesteel en vier honde is glo vergiftig om die misdaad te kon pleeg.
Hierdie bakkie se registrasienommer is CGS 070 NC.
Lisa Esterhuyse, die eienaar van die bakkie, sê sy is onseker presies hoe laat die bakkie gesteel is. “My man het 04:45 buitentoe gegaan toe was die bakkie reeds weg en twee van ons boerboele reeds dood.”
Sy sê haar ander twee boerboele is steeds by die veearts.
“Daardie bakkie was ’n erfstuk wat ek gekry het en my hart is stukkend dat hy nou gesteel is.”
Hannes Esterhuyse, Lisa se man, sê hy is ongelooflik hartseer oor hulle honde wat vergiftig moes word sodat die diewe die bakkie kon kry.
Indien enigiemand hierdie bakkie sien, kontak asseblief vir Lisa by 079 862 9279 of vir Hannes by 076 465 3550.




