KIMBERLEY. – Inwoners hier moet waaksaam wees by die “Woolworths-robot” in Longstraat, ná daar weer ’n paar voorvalle van pogings tot diefstal gesien is.
Imaan Abrams werk in hierdie area en sê sy sien op ’n daaglikse basis hoe mense probeer om goedere van bakkies af te steel wanneer hulle by die robot stilhou. “Die een dag wou hulle verf, wat agterop die man se bakkie was, steel, maar die blik was te swaar.”
Sy sê sy het gister weer gesien hoe hulle ander goedere van ’n bakkie wou afhaal, maar gelukkig het die lig net betyds groen geraak en kon die man ry.
“Dis glad nie meer veilig in die middestad nie. Mense moet asseblief gewaarsku wees om meer waaksaam te wees, altyd jou deure gesluit te hou en nie goedere agterop bakkies te sit wat gegryp kan word nie.



