Vier vas vir vermoedelik gesteelde goedere

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Vier verdagtes is gister in hegtenis geneem vir die besit van sewe vermoedelik gesteelde tablette.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê daar word geglo hierdie tablette hou met ’n huisbraak en diefstal in Julie 2010 by die Hoërskool Namatsegang in Cassel verband. “Hierdie tablette is na bewering by die skool gesteel.

“Die vier verdagtes is tussen 18 en 27 jaar oud en sal binnekort in die Mothibistad-landdroshof verskyn.”