FiND iT. – FiND iT het die 200 000 leserstal per maand oorskry! Elke maand klim ons syfers en ons wil dit graag met jou, die leser deel. Dis JY wat dit moontlik maak dat ons dié grootste digitale aanlyn nuusplatform in die Noord-Kaap is.
Jana Grobbelaar, redakteur, sê sy skryf dit toe aan passie en ’n span wat nie skroom om hárd te werk nie.
Bly op hoogte
“Ons het ’n gedugte redaksionele- en advertensiespan. By FiND iT verstaan ons die sinergie tussen die twee en werk daagliks om dit te verbeter. Daar is nie een dag wat dieselfde is nie en ons moet ons strategie gereeld verander.”
Alhoewel FiND iT onlangs begin het om vir jou nasionale nuus ook te bring – want ons wil tog almal weet wat in die res van Suid-Afrika aangaan – bly plaaslike nuus baie belangrik. “Sodra ons afwyk van ons oorspronklike plan, sal een van ons lesers ons vinnig aanspreek. Ons lesers het ’n oop lyn na ons toe. Ons almal se kontakbesonderhede is aanlyn en ons nooi lesers uit om daarvan gebruik te maak. Ons hoor en oorweeg elkeen van julle. Tot dusver kon ons dit nog hanteer!”
Syfers klim maandeliks
Vir adverteerders is dié nuutste syfers groot nuus. “Ons adverteerders kry waarde vir hulle geld, wat weekliks gemeet kan word. Die advertensiespan stuur weekliks verslae aan elke adverteerder, sodat hy of sy kan sien hoe sy advertensie doen. Ons glo nie aan hard selling nie. Ons glo daaraan dat selfs ’n advertensie ’n storie vertel. Hetsy omdat dit mooi is, ’n video, ’n foto, die mense wat daar werk of die hart wat dit vat om ’n onderneming op te bou.”
Opwindende tye vir Kimberley
Grobbelaar glo Kimberley is deel van opwindende tye. “Oral sien ek mense begin nuwe projekte aanpak. Die mense van Kimberley is erg oor hulle stad – met al sy probleme. Ons moet almal bou aan ’n beter stad vir ons kinders. Dis opwindend. Ek voel ek hóórt hier en dis oor elke leser en elke storie. Ek sê baie vir my verslaggewers, as ons ’n ontstellende artikel doen, onthou net: êrens help jy weer iemand. Misdaad kan nie onder die mat ingevee word nie. Slegte dinge gebeur en ongeruimdhede moet aan die groot klok gehang word. Mense moet verantwoordelikheid neem. Net so het ons ook die platform om al die mooi van die lewe deur te gee.”
Die nuutste syfers
1 – 22 November: 215 000 lesers; 400 000 “views”
Oktober: 217 000 lesers; 232 000 “views”
Augustus: 141 000 lesers, 290 000 “views”
Kontak redaksie nou by [email protected] vir wenke of kontak [email protected] vir advertensies.
Vir skakels tot al ons groepe, klik hier.



