KIMBERLEY. – Die SAPS regoor die provinsie het vanoggend by die Taberna Dei-kerk hier bymekaargekom vir die “Provincial Excellence Awards 2019″.
Tydens hierdie toekenningseremonie sal onder andere die polisievrou en polisieman van die jaar, sportvrou en -man van die jaar en die beste polisiekantoor in die provinsie aangekondig word.
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, is ook vandag teenwoordig vir hierdie spesiale geleentheid om die mans en vrouens in blou te prys.




