‘n Jong seun, Stefan Jansen van Vuuren, van Krugersdorp, stuur ‘n boervrouboks ‘uit die diepte van sy hart.’ Sy boks is gestuur na ‘n boervrou van Loeriesfontein en het beslis harte aangeraak.
Die briefie uit sy hart

Die brief lees so: “Liefste Tannie/Oom”
Binne-in my boksie is baie gebede en liefde al die pad van Krugersdorp. Ons bid dat die Here julle sal seën met reën en liefde. Dankie vir julle as boere wat so baie vir ons almal beteken. Hou asseblief moed en glo en vertrou dat die Here ‘n uitkoms sal gee vir alles. Kyk asseblief in die tandepastaboksie vir ‘n geldjie. Dit is my sakgeld en dit kom uit die diepte van my hart.
Met baie liefde: Stefan Jansen van Vuuren




