KIMBERLEY. – Talle kinders by verskillende skole in die Sol Plaatje-munisipale area kry speelgoed as deel van ’n verspreidingsprogram.
Die Sol Plaatje-munisipaliteit se Facebook-blad spog met foto’s van Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van die munisipaliteit, saam met Ingrid Koopman. “Hulle gee speelgoed aan leerders by verskillende skole as deel van die Motsepe Toys-verspreidingsprogram wat binne die munisipaliteit se jurisdiksie plaasvind.”




