9-Jarige vang graad in elektriese ingenieurswese

Deel hierdie storie / Share this story

INTERNASIONAAL. – Laurent Simons, ’n negejarige seun van Amsterdam, gaan aan die einde van hierdie jaar sy graad in elektriese ingenieurswese kry.

Volgens The New York Times is Simons een van die jongste mense ter wêreld wat nog aan ’n universiteit studeer het.

“Hy studeer elektriese ingenieurswese aan die Eindhoven-universiteit van tegnologie in Nederland. Hy was agt jaar oud toe hy begin het en gaan binne tien maande ’n driejaarprogram voltooi,” word berig. “As alles goed gaan en hy sy finale projek, oor ’n breinkoppelende elektriese spaander, voltooi, sal hy in Desember as ’n gegradueerde uitstap.”

Simons het aan The New York Times gesê hy wil dan in medisyne studeer en ’n doktorsgraad kry en kunsmatige organe maak.

Foto: Instagram (laurent_simons)