Teddy Nzama, van Kwazulu-Natal, het die naweek die internasionale title in die barista-kompitisie, wat in Londen plaasgevind het, verower.
Volgens goodthingsguy het die Starbucks Barista-kampioenskap in EMEA( Europa, Midde-Ooste, Afrika) begin, en vanjaar het die meeste lande ooit meegeding. Dit is ’n rekordjaar vir die meeste nasionaliteite in een Starbucks Barista-kampioenskap, met 30 lande wat meegeding het.
As die wenner is Teddy uitgenooi vir ’n eens-in-’n-leeftyd reis na die Milaan-roostery en om saam met medewerkers te gaan vir ’n jaarlikse uitstappie na koffieplase in Rwanda, waar hy eerstehands gaan kyk hoe koffie gekweek en verwerk word. Hy sal ook boere ontmoet wat Starbucks-koffie produseer.
Foto: goodthingsguy



