Is jy lus vir ’n lekker Sondagmiddagbredie? Dan is hierdie resep vir jou!
Bestanddele:
- 2 eetlepels botter
- 1 ui, gekap of in blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngemaak
- 1/2 teelepel gedroogde tiemie
- 500g beesvleis, in blokkies gesny
- 1 eetlepel meel
- 2 eetlepels tamatiepuree
- 1 groot patat
- 3 wortels gekap
- 2 koppies hoenderaftreksel
- ½ teelepel sout
Metode:
- Braai die ui in die botter tot sag.
- Voeg die knoffel en tiemie ook by en kook vir een minuut.
- Rol die vleis liggies in meel en voeg dit by die kastrol en verbruin dan.
- Voeg die tamatiepuree, patats, wortels, hoenderaftreksel en sout by.
- Sit die deksel op die kastrol en laat dit vir 90 minute op lae hitte prut. (jy kan die tyd na 120 minute vermeerder as jy die vleis sagter wil hê)
- Haal die deksel af en verhoog die hitte tot medium en laat dit vir 5 minute onbedek kook om die vloeistof te verminder en die bredie te verdik.
- Sit voor met rys, aartappels of pasta, of geniet net soos dit is!




