Water stroom uit twee lekkasies in Bultfonteinweg. Daar lê klippe in die pad wat deur die water tot daar gespoel is. Wees versigtig indien jy in daardie rigting beweeg.
Die probleem is reeds by die Sol Plaatje-munisipaliteit aangemeld.
FiND it het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit gedoen, maar wag nog vir terugvoer.







