Die inwoners van Soweto moet ’n vaste koers betaal vir elektrisiteit, aangesien dit ’n betalingskultuur in die gemeenskap kan bevorder.
Volgens businesstech.co.za/ het ANC-raadslid Mpho Sesedinyane in ’n onderhoud met Fin24 gesê dit moet aanvanklik op R150 gestel word, aangesien daar volgens die inwoners histories gesê is hulle moenie vir dienste betaal nie.
Hy het gesê dit dateer uit die dae van apartheid toe die nie-betaling as ’n vorm van weerstand teen die regering gesien is.
“Ons mense is aangesê om nie vir elektrisiteit te betaal nie,” het hy gesê.
Eskom het voorheen gesê Soweto is die slegste oortreder as dit by wanbetaling kom, omdat hulle uitstaande rekening meer as die volgende tien munisipaliteite s’n saam beloop.



