KIMBERLEY. – Hansie Galloway, die voormalige eienaar van die kuierplek Shadows in Kimberley, se saak is steeds aan die gang en mag dalk nog ’n rukkie neem.
Galloway staan tereg op ’n aanklag van seksuele aanranding nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering ’n dogtertjie (9) in 2015 seksueel aangerand het. Die meisietjie was ten tye van die misdryf vier jaar oud.
Adv. Sipho Lalane, die staatsaanklaer, sê die saak is tot 25 November 2019 uitgestel. “Nog net een van die kinders het getuig en is tans besig met eksamen, dus is die verhoor uitgestel tot ná die eksamen. Die saak mag dalk nog ’n tydjie neem.”



