R250 000 se vermoedelik gesteelde goedere teruggekry

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU. – Twee verdagtes is hier in hegtenis geneem nadat R250 000 se vermoedelik gesteelde eiendom in hulle besit gevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die gesteelde eiendom wissel van juweliersware, selfone, digitale kameras, kameratoebehore, elektriese toestelle en klere. “Die gesteelde goedere se geraamde waarde is sowat R250 000.

“Twee verdagtes, 20 en 29 jaar oud, is onmiddellik in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof hier verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom, huisbraak en diefstal.”

Ramatseba sê die gesteelde goedere is positief deur die klaer uitgeken.