KURUMAN. – ’n Jong man is hier tot 10 jaar gevangenisstraf, vir die verkragting van ’n minderjarige meisie, gevonnis.
Daar word berig dat Boineelo Moseki (23) in Januarie 2017 ’n 17-jarige meisie, in die dorpie Bankhara, verkrag het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê daar word verder ook berig dat die slagoffer se ouers haar tydens die voorval gestuur het om bier te gaan koop. “Die beskuldigde het die slagoffer met ’n vuurwapen gedreig en het haar met geweld na sy huis geneem en haar verkrag.
“Die slagoffer het die volgende oggend huis toe gehardloop en die saak by die polisie aangemeld, waarna die beskuldigde in hegtenis geneem is.”
Ramatseba sê die beskuldigde is ook onbevoeg om ’n vuurwapen te besit, verklaar.



