Mens hoor deesdae van meer en meer mense wat eenvoudig nie meer kersgeskenke koop of gee nie. Jy kan artikel na artikel op die internet lees met verskeie redes hoekom jy juis nié moet geskenke koop nie.
Die redes hiervoor wissel van ’n tekort aan finansies tot omdat Kersfees eintlik gaan oor familietyd, viering van liefde, waardering vir die eenvoudige vreugdes in die lewe, die gemeenskap, dankbaarheid en mededeelsaamheid.
Hoe voel jy oor geskenke dié Kersfees? Beplan jy om geskenke te gee of nie? Wat is jou rede daarvoor? Stuur ’n e-pos aan [email protected]



