26 kinders kry operasies wat hul lewens verander

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Ses-en-twintig kinders van regoor die Noord-Kaap gaan lewensveranderende rekonstruktiewe operasies ontvang.

Hierdie projek is deel van die Smile-stigting se Smile Week en word ook ondersteun deur die Airport Company South Africa. Die operasies sal by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley uitgevoer word.

Die Smile Foundation is ’n Suid-Afrikaanse ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders met enige vorm van abnormaliteit in die gesig help om korrektiewe plastiese en rekonstruktiewe chirurgie in Suid-Afrika te kry. “Ons help kinders wat aan behandelbare gesigsmisvorming ly, soos gesplete lip en verhemelte, brandslagoffers, Moebius-sindroom (verlamming in die gesig) en ander toestande,” verduidelik hulle op hulle webblad.

Foto: Facebook
Foto: Facebook
Foto: Facebook