Kersfees kersie meringue trifle – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Gee die gewone trifle (koekstruif) hierdie Kersfees ‘n feestelike kinkel.

Bestanddele

Meringue:

  • 6 ekstra groot eierwitte
  • 1½ koppies (330 g) strooisuiker
  • 1 teelepel wit asyn
  • ½ teelepel vanielje-essens
  • ¼  teelepel seesoutvlokkies
  • 2 eetlepels mielieblom

Kersie-trifle:

  • 300g kersies, gehalveer
  • ¼ koppie (55g) strooisuiker
  • ¼ koppie (60 ml) suurlemoensap
  • 1 teelepel amandel-geursel
  • 250 g frambose (raspberries)
  • 600 ml dik room
  • 1/3 koppie (80 ml) Amaretto-likeur (opsioneel) # ¼ koppie (20g) amandels opgesny, gerooster

Metode

  • Plaas ’n rak in die middel van die oond en verhit die oond tot 150° C.
  • Sit bakpapier in ’n bakplaat van 33 cm x 45 cm.
  • Klits eierwitte tot skuimerig. Voeg die suiker geleidelik by, klop 10 minute op ’n medium-hoë snelheid of tot ferm, glansende punte vorm. Klits asyn, vanielje en sout in. Sif mielieblom oor die meringue en vou liggies in.
  • Skep 8 groot lepels meringue met ’n groot metaallepel in die voorbereide bak.
  • Smeer die meringue versigtig in ’n egalige laag.
  • Plaas die meringue in die oond. Verlaag die temperatuur onmiddellik na 105° C.
  • Bak vir 1½ uur of totdat die meringue aan die buitekant hard is, maar in die middel malvalekkeragtig en nog pofferig is. Skakel oond af. Hou die oonddeur oop met ’n houtlepel en laat die meringue 30 minute in die oond om af te koel, haal dit dan uit die oond en laat heeltemal afkoel.
  • Verwyder die meringue van die bakplaat en breek in groterige stukke.
  • Gooi kersies, suiker, suurlemoensap en amandelgeursel in ’n groot bak. Laat staan ​​by kamertemperatuur, meng dit af en toe vir 30 minute of totdat daar sappe vorm. Vou die frambose versigtig in.
  • Klop die room met die Amaretto in ’n groot bak totdat dit stywe punte vorm.