KIMBERLEY. – ’n Bruin-en-wit hondjie wat vanmiddag by Plastic Packaging in Fabricia ingehardloop het, se eienaar is gevind.
Karin Smith, die eienaar van die hondjie, het haar gaan oplaai by Jolene Lee, wat die hondjie gekry het.
“Ons huiswerker het nie gesien Lexi het uitgekom nie. Ek is so bly ons kon haar opspoor!”
Jolene het almal bedank wat betrokke was by die opspoor van Lexi se eienaar.



