Area: landswyd
Skryf vir FiND iT, die sentrale streek se grootste aanlyn digitale nuusplatform.
FiND iT is op soek na ’n skrywer met ervaring in verskillende aspekte van joernalistiek, wat insluit harde nuus, sagte nuus, onderhoude, skryf van profiele, opsomming en vertaling. Die suksesvolle kandidaat sal daagliks nasionale en plaaslike nuusbrokkies skryf.
Jy moet oor uitstekende taal- en skryfvermoë beskik en ervaring in skryf is noodsaaklik.
Verder moet jy ’n goeie kennis hê van digitale en sosiale media, SEO en hoe om met skakelpersone te kommunikeer.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat vereis word om soms naweke, oortyd en op vakansiedae te werk.
Stuur jou CV en portefeulje aan [email protected] teen 17 November 2019.
Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer van FiND iT ontvang het nie, kan jy aanvaar ander kandidate word vir die pos oorweeg.


