Seun skenk rugbytrui vir droogtehulp

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Willem Lotz, ’n jong seun, het ’n rugbytrui wat hy by Frans Malherbe gekry het, geskenk om fondse in te samel vir die boere in nood.

Frans Malherbe het verlede jaar in hierdie trui teen Frankryk gespeel.

Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA, sê dis moeilik om “ja” te sê vir só ‘n skenking. “Dit breek my hart om te weet daar is kinders wat raaksien hoe erg die droogte is en hulle wil nog help ook.”

“Dankie Willem. Jy is ’n yster en jou pa kan baie trots wees op jou.”

Die doel met hierdie skenking is om te kyk hoeveel geld hulle kan insamel met die verkoop van die trui. Die laaste aanbod het sowat 40 minute gelede op R6 100 gestaan.