Polisiehelikopter land by Trimpark

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners en motoriste was verwonderd toe die Kimberley-polisie se lugvleuel met ’n helikopter tydens ’n operasie by die Trimpark in Oliverstraat geland het.

Die lugvleuel is deur verskeie lede onder andere van die soek- en reddings-eenheid op die grond ontmoet. 

Lt.-kol Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê dit was deel van ’n sigbare polisiëringsoperasie.