Oud-Springbokrugbyspeler skiet vark met pistool

Deel hierdie storie / Share this story

HIERDIE BERIG BEVAT KRU-TAAL EN IS NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE.

SUID-AFRIKA. – Gerhard Mostert (35), die oud-Springbokrugbyspeler, het ’n video gedeel waar hy ’n vark met ’n pistool doodskiet, omdat sy vrou “bacon” wil hê.

In die video sê hy sy vrou stuur hom altyd om inkopies te gaan doen. “Kom, gaan koop bacon vir my.”

Nadat hy die vark geskiet het, vra hy wat kan hy dan nou doen. “Dan moet ek seker maar bacon gaan koop.”